Verlede maand
Troufoto’s terg erg
Dr. Musa Mthombeni en Liesl Laurie-Mthombeni
GELUKKIG: Dr. Musa Mthombeni en Liesl Laurie-Mthombeni het al ’n maand gelede hul wit troue gehad.  ~ Instagram

ONS wonder nog so wanneer die voormalige Mej. Suid-Afrika Liesl Laurie-Mthombeni en dr. Musa Mthombeni se wit bruilof gaan plaasvind, kaantie het dit reeds gebeur.

Trouens, die twee duifies het Saterdag hul eerste maand as ’n getroude paartjie gevier en foto’s van hul wit troue in die sosiale media geplaas.

Die Mthombeni’s het voorheen foto’s van hul lobola-onderhandeling, asook hul tradisionele troue geplaas. Almal het toe in spanning vir die wit troue gewag min te wete dat dit reeds gebeur het.

Musa het lekker die draak met ons gesteek toe hy in sy caption by die troufoto’s laat hoor: “Oe, my genade! Wanneer vind die wit bruilof plaas? Uh, sowat ’n maand gelede.”

Stunning

Die voormalig Mej. Suid-Afrika en radio-aanbieder het absoluut stunning gelyk in ’n eenvoudige melkwit rok met ’n string pêrelknopies agter teen die rug af.

Die rok het ook ’n pragtige skouerdetail gehad wat meer edge aan die rok verleen.

Die groom het aantreklik gelyk in ’n swart snyerspak.

Liesl se vriende en familie is nie voorbarig nie. Hulle weet hoe om die pasgetroudes se privaatheid te respekteer, want geen van hul geliefdes het laat val dat die wit bruilof reeds gebeur het nie.

Die Mthombeni’s het getrou nadat hulle sowat ’n jaar gedate het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters