13 dae gelede
Trevor en Minka koop huis
HUIS-HUIS: Trevor Noah en Minka Kelly soek glo ’n plekkie saam.  ~ Getty Images

ONSE Trevor Noah (36) is blykbaar weer reg vir huisie-huisie speel.

Ek sien op The Wendy Wil­liams Show die komediant en TV-aanbieder is nou saam met die Amerikaanse aktrise Minka Kelly (40) op soek na ’n huis vir hulle twee daar in Los Angeles.

Die tweetjies is nie getroud of verloof nie.

Ek het julle mos al in September vertel dat Trevor en Minka in ’n vaste verhouding is.

’n Ingeligte het aan E! vertel die tweetjies is nogal ernstig oor mekaar. Hulle sien mekaar glo al geruime tyd en woon nou saam in New York.

Die Suid-Afrikaanse komediant wat na Amerika verhuis het, het in 2018 met die Amerikaanse sangeres Jordyn Taylor opgebreek. Jordyn en Trevor het ook lank saamgebly voordat hulle uitmekaar is.

Kom ons kyk maar of die verhouding met Trevor se tweede Amerikaanse meisie uitwerk.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters