2 maande gelede
Travis wil vir 8 konsertgangers se begrafnis betaal
Wil nou help
Travis Scott wil nou die koste dra van die agt mense wat tydens sy konsert gesterf het.  ~ Verskaf

DIE rapper Travis Scott gaan na bewering die koste dek van die begrafnisse van die agt mense wat in ’n stampede op sy Astroworld-fees in Texas gesterf het.

Die ster gaan ook saam met BetterHelp werk om aanlyn berading aan die toeskouers te verskaf. 

’n Warboel het laas week uitgebreek toe konsertgangers mekaar begin druk en stoot het. 

Intussen word Travis Scott en Drake hof toe gesleep nadat agt mense op 5 November by Travis se Astroworld-fees in Texas gesterf het.

Die regsfirma Thomas J. Henry Law het getwiet dat hy die saak aanvaar het. 

Die klaer is ’n 23-jarige konsertganger wat op  die tragiese aand ernstig beseer is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters