9 dae gelede
Thandiwe vat terug wat hare is
STERK VROU: Thandiwe Newton wil nou weer op haar volle doopnaam aangespreek word.  ~ Getty Images

HAAR naam is Thandiwe Newton, nie meer die afgekorte Thandie nie.

Die aktrise sê vasbeslote sy gaan haar naam terugneem en haar identiteit ten volle aanneem.

Sy het aan die tydskrif Vogue vertel dat sy nou weer haar volle doopnaam gaan gebruik.

Thandiwe is die dogter van ’n Britse lab-tegnikus en ’n Zimbabwiese prinses. Volgens die aktrise is haar naam na Thandie verkort toe sy 32 jaar gelede op 16-jarige ouderdom haar eerste rol in die movieFlirting losgeslaan het.

“Dit was nog altyd my naam. Ek vat terug wat myne is. Iets waarvoor ek innig dankbaar is, is dat ek in die teenwoordigheid van mense is wat my waarlik raaksien.”

Die 48-jarige het in haar vroeë kinderjare baie trauma weens rassisme ervaar toe sy in Hollywood beland het, maar sy sê sy is nou ’n sterker vrou.

Daarom wil sy nou weer as Than­diwe aangespreek word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters