11 dae gelede
Terence se karakter verras Gordon in ‘Legacy’
VERLEDE: Gaan Uncle Gordon (Neil McCarthy) sy ou vlam Ramon (Terence Bridgett) vergewe?  ~ Foto Verskaf

DIT is altyd lekker om die briljante akteur Terence Bridgett oppie kassie te sien.

Hy het laas Donderdag vir die eerste keer in die M-Net telenovela Legacy as die liefdevolle Uncle Gordon (gespeel deur Neil McCarthy) se langverlore liede, Ramon, gesig gewys.

Uncle Gordon het amper op sy rug geval toe hy Ramon sien. Vir die heel eerste keer sedert ons Gordon leer ken het, was hy still en teruggetrokke toe hy Ramon sien.

Dié het jare gelede sonder enige verduidelik uit sy lewe verdwyn.

Integriteit

Ramon het getrou, drie kinders in die huwelik gehad en hy is nou selfs ’n oupa, maar wat soek hy nou weer in Gordon se lewe?

Ramon is ’n intelligente man met integriteit. Hy kom uit ’n Hindoe-familie in Durban en was sy ouers se trots.

Hy was ’n uitblinker op skool en het medies gaan swot.

Hy het van jongs af geweet hy is aangetrokke tot mans en sy homoseksualiteit het diep innerlike stryde vir hom meegebring.

Sy vrou is twee jaar gelede oorlede en nou wil hy om verskoning vra aan Gordon, vir wie hy 35 jaar gelede so diep seergemaak het. Maar hy wil nie net verskoning vra nie – hy hoop om Gordon se liefde terug te wen.

Dink julle die vredeliewende Gordon sal vergewe en vergeet?

  • Legacy wys Maandae tot Donderdae om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters