4 dae gelede
Tannie se truuks sal treat wees
TYD VIR SKATER: Die kome­die Kranksinnig is Sondag 20:00 kykNET (DStv-kanaal 144) te sien.  ~ Foto Verskaf

KRY solank jou popcorn vir Sondagaand se komedie Kranksinnig.

André Velts is die regisseur van dié lagwekkende movie, wat 20:00 op kyk­NET (DStv-kanaal 144) te sien sal wees.

Die komedie handel oor ’n eensame vrou wat vasgevang voel in die tehuis vir bejaardes waar sy woon. Sy sal enige iets doen om te ontsnap.

’n Onbekwame dokter wil haar egter kranksinnig laat verklaar.

Julle weet mos nou al teen dié tyd enige movie waarin die grappige dog briljante akteur Tobie Cronjé speel, is ’n wenner.

Die res van die fliek se rolverdeling sluit in Amanda Stry­dom, Karen Retief, Liza du Plessis en Kaz McFadden (ook die skrywer van dié fliek).

Hierdie komedie gaan beslis ’n lekker een wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters