15 dae gelede
Talle gis oor Unathi weer trekpas kry
koebaai: Unathi Nkayi is by die radiostasie Kaya FM afgedank. foto verskaf  ~ 

DIE radiostasie Kaya FM het Unathi Nkayi in die pad gesteek.

Die Idols-beoordelaar en omroeper is sedert Maart 2020 die aanbieder van die Midday Joy-show, wat weeksdae tussen 12:00 en 15:00 uitgesaai word. Kaya FM het Woensdag in ’n verklaring bevestig haar kontrak is met onmiddellike ingang beëindig.

Luidens die verklaring het die radiostasie se verhouding met Unathi stram geraak weens verskeie voorvalle wat plaasgevind het.

Gis

“Me. Nkayi se kontrak is vroegtydig beëindig nadat sekere gedrag die verbintenis ondraaglik gemaak het. Dit het veroorsaak dat die vertrouensverhouding tussen werkgewer en werknemer geskend is.”

Die Idols-beoordelaar het nog nie kommentaar gelewer nie.

Intussen gis verskeie gossip-blogs op YouTube oor wat die rede vir die afdanking is. Dié blogs meen dit was net ’n kwessie van tyd voordat sis Unathi die deur gewys word nadat die nuwe stasiebestuurder, Sibongile Mtyali, oorgeneem het. Dit is glo dieselfde stasiebestuurder wat aan bewind van Metro FM was net voordat Unathi dáár ook afgedank is.

Ons hou maar dié storie dop – die waarheid kom altyd uit. Al is dit dan ook veel later...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters