14 dae gelede
Survivor speel in Oos-Kaap af
READY, GO: Die 20 castaways van Survivor South Africa: Immunity Islandis almal superfans van die gewilde show.  ~ Foto Verskaf

VIR DIE heel eerste keer word Survivor South Africa op Suid-Afrikaanse bodem geskiet.

Dit beteken nie dinge gaan maklik wees vir die 20 castaways nie...

Jan du Plessis, direkteur van M-Net-kanale, meen dit gaan ’n taai stryd wees om die prysgeld van R1 miljoen te wen – en die titel van ultimate sole survivor.

Superfans

“Hierdie is die mees cutthroat, ambisieuse en boeiende seisoen wat ons tot dusver gesien het.”

Die agtste seisoen van die gewilde Survivor SA is in die Oos-Kaap met 20 superfans geskiet.

Hulle wéét hoe die game­ werk. Hier is die lys van die castaways wat M-Net laat gisteraand bekendgemaak het.

  • Amy Eliason (33), korporatiewe lawyer
  • Anela Majozi (25), wiskunde-onderwyser en rugbyafrigter ­
  • Anesu Mbizvo (29), mediese dokter en entrepreneur
  • Carla Gubb (29), korporatiewe sales ­executive en entre­preneur
  • Francois Chapman (32), entrepreneur ­
  • Dino Paulo (30), eienaar van Live Escape Game
  • Jason Brookstein (27), ingenieur
  • Kiran Naidoo (29), strategiekonsultant
  • Marisha du Plessis (35), gastehuiseienaar
  • Mike Laws (32), prokureur
  • Nicole Wilmans (26), digitale bemarkingsbestuurder
  • Noleen Nkanjeni (30), vryskut
  • Paul Cupido (29), naskoolse onderwyser
  • ­Qieän Wang (35), “fun-employed”
  • Renier Louwrens (30), chemiese ingenieur
  • Santoni Engelbrecht (39), eienaar van ’n aanlyn bedryf
  • Shaun Wilson (40), IT-entrepreneur
  • Thoriso ­M-Afrika (36), bemarkings­beampte
  • Tyson Zulu (24), kreatiewe direkteur en entrepreneur
  • Wardah Hartley (39), joga-instrukteur

Survivor South Africa: Immunity Island begin 19:30 op 3 Junie op M-Net (DStv-kanaal 101).

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters