5 dae gelede
Stevie voel Wonder-ful
stevie
NUWE MENS: Stevie Wonder sê hy voel wonderlik ná sy nieroorplanting.  ~ Getty images

DIE musiekikoon Stevie Wonder (70) sê hy voel 30 jaar jonger nadat hy laas jaar ’n nieroorplanting-operasie ondergaan het.

Die “Isn’t She Lovely”-sanger het dié week in ’n virtuele perskonferensie vertel hoe goed dit nou met hom gaan.

Ek sien op Page Six die Motown-legende het die perskonferensie gehou om sy twee nuwe songs “Can’t Put It in The Hands of Fate” en “Where Is Our Love Song” te promote.

Lewe

“Ek is laas jaar op 6 Desember met ’n nuwe nier geseën. Ek voel wonderlik! My stem voel wonderlik. Ek het aan my dogter Aisha gesê ek gaan nou vyf jaar jonger as sy wees.

“Ek gaan nou vanaf 70 na 40. Ek voel tans asof ek 40 is. Ek voel regtig great!”

Oukei, uncle Steve, lewe jou beste lewe.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters