TATTA, Tione en tatta Justin!
Ons moes Maandagaand koebaai sê vir dié twee nuwe islanders wat op M-Net se gewilde dating show Love Island SA uitgestem is.
Die professionele danser Tione Mbehle (20) en die entrepreneur Justin Fourie (25) is die eerste couple wat hul sakke moes pak. En soos sake nou staan, lyk dit asof ons dié week van nóg ’n couple ontslae sal raak.
So, jy sal moet wikkel en stem om jou gunsteling-paartjie in die villa te hou.
Van die couples wat oorbly, is Milly en Asad.
Uhm, dié twee is ’n groot vraagteken. Ek hou van die twee afsonderlik, maar nie as ’n couple nie.
Outjie
Dan is daar Xavier en Mischka. Dié twee is my gunsteling en ek was stomgeslaan toe ek sien hulle is een van die couples wat Maandagaand in die bottom was.
As dit van my afhang, sal ek Ian en Dané so gou moontlik uit die villa stuur. Ons kan sommer nou al sien dat ’n verhouding tussen dié twee glad nie lank gaan hou nie.
Libho en Thimna is by verre Twitter se gunsteling-couple. Hulle is amptelik outjie en meisie en dit lyk eintlik asof ’n verhouding tussen Limna (soos Twitter hulle gedoop het) langdurig gaan wees. Ek weet vir ’n feit dat die Limna in die finaal gaan wees.
Sjym, my hart raak so swak as ek sien hoe verlief Tania op Ross is, maar ’n mens kan sommer sien dat hy nie sy hart op haar gesit het nie.
Laat ons in ons sosiale media weet wie jou gunsteling-couple is.