19 dae gelede
Ster launch eie modehandelsmerk
Jarrad Ricketts
Jarrad Ricketts het nou sy eie modehandelsmerk.  ~ Verskaf

DIE sanger van “Paradise”, Jarrad Ricketts (33), het Vrydag sy fashion brand, Testimony, bekendgestel.

Die Sama-benoemde sanger is baie opgewonde hieroor en sê hy werk al vier jaar aan dié droom van hom.

Jarrad, wat al meer as 70 skole in die Wes-Kaap besoek het om motiveringspraatjies te lewer, sê hy wil met sy nuwe projek meer lewens aanraak.

Waardig

“Nadat ek deur my gemeenskapswerk blootgestel is aan so ’n verskeidenheid mense, hul lewens en situasies, het ek besef daar is mag in ons stories. 

“Dit het daartoe gelei dat ek ’n brand geskep het wat daarop fokus om ’n positiewe boodskap uit te dra en die pad erken waarop God ons geplaas het. 

“Dit maak nie saak wie jy is of waarvandaan jy kom nie. 

“Ons het almal ’n storie wat waardig is om gedeel te word.”

Jarrad wei uit oor hoekom hy uitgebrei het na die mode-bedryf. “As ’n creative vind ek gereeld nuwe maniere om myself uit te druk en nuwe geleenthede om my talent te gebruik om positief tot ons gemeenskappe by te dra. 

“Dit gaan daaroor om my invloed te gebruik en ’n platform te skep wat positiwiteit in ons gemeenskap en bedryf skep – veral in moeilike tye soos hierdie.” 

Die Testimony-reeks word ook gekoppel aan die Jarrad Ricketts Foundation, wat projekte bestuur wat die gemeenskappe bemagtig. 

Die reeks, wat onder meer kussingslope en hoodies insluit, is by die winkel High Street Fashion in Tokai se Blue Route Mall op die rakke. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters