6 dae gelede
Spring nou vir dié show
sy gee terug: Mej. Heelal Suid-Afrika launch dié week die veldtog #DestinyDesign­ed, waarmee sy ontwerpers in Suid-Afrika wil bemagtig. foto verskaf  ~ 

MEJ. Heelal Suid-Afrika, Natasha Joubert, wil met haar veldtog #DestinyDesigned modeontwerpers bemagtig.

Die pragtige donkerkop, wat Mzansi vanjaar by die Mej. Heelal-kompetisie gaan verteenwoordig, het in 2016 die maatskappy Natalia Jefferys begin.

Dit is ’n all-female business wat sy saam met haar ma begin het en hulle spesialiseer in hoogmode.

Die nuwe veldtog #DestinyDesigned is Natasha se maatskaplike inisiatief.

Sy nooi SA ontwerpers om meer inligting oor hul label te deel en te verduidelik hoe die corona-virus-pandemie hul besigheid geraak het.

Tien ontwerpers gaan gekies en gevra word om twee items te maak waarin voormalige Mejuffroue Suid-Afrika in ’n virtuele show gaan model.

Die doel van die show, wat op 10 April sal plaasvind, is om geld in te samel. Ons gaan natuurlik ook op die aanlyn runway skeppings van Natalia Jefferys sien.

As jy belangstel om dié show te kyk, sal jy ’n subskripsie-fooi moet betaal aan die webwerf misssa.live.

Al die geld gaan geskenk word aan die 10 ontwerpers. Ná die show gaan die garments opgeveil word en die opbrengs gaan aan die onderskeie ontwerpers gegee word.

Saam met die veldtog beoog Natasha om SA ontwerpers aan modeliefhebbers regoor die wêreld bekend te stel.

Die show gaan mos aanlyn wees, so mense wêreldwyd gaan daarna kan kyk.

Mej. Heelal Suid-Afrika verduidelik: “Ek is passievol oor entrepreneurskap. Ek het in 2016 my eie maatskappy begin omdat omstandighede my in ’n posisie gestel het om selfonderhoudend te word. Ek het modelling gedoen en begin om my eie garments te maak, want ek kon nie ’n indrukwekkende wardobe bekostig nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters