20 dae gelede
Spits jou oortjies vir dié Sondag se ‘Koortjies’
ROEREND: Pearl Adams gaan by Koortjies met Jonathan Rubain optree.  ~ Foto Verskaf

SONDAG wag daar weer ’n geseënde episode van Koortjies met Jonathan Rubain op ons.

Dit is eindelik Heindrich Wyngaard, oftewel Mnr. Klop, se beurt om die Koortjies-ateljee te soek.

Die TV-aanbieder gaan hierdie keer aan die ander kant van die onderhoudstoel sit wanneer hy saam met Jonathan Rubain gesels oor hoe hy bo sy moeilike jonger jare uitgestyg het.

Dr. Jacobus Nomdoe gaan ook saam met die gewilde gospelkunstenaar gesels oor hoe belangrik ’n gesonde familiestruktuur is.

En dan kom loer die jong sangeres Pearl Adams in om ’n roerende uitvoering te lewer.

Moenie dié opwindende episode 18:00 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) misloop nie.

GASTE: Heindrich Wyngaard, Jonathan Rubain, Pearl Adams en dr. Jacobus Nomdoe kuier Sondagaand op Koortjies met Jonathan Rubain. Foto: Verskaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters