12 dae gelede
Song leer jou om lief te hê
NUUT: Amy Jones het self die single “Imagine” geskryf.  ~ Foto verskaf

AMY Jones het ’n nuwe single wat ons leer om mekaar op die regte manier lief te hê.

Dié talentvolle Paarlse sangeres en liedjieskrywer het kragte saamgesnoer met die briljante saxo­foonspeler Don Vino om die single “Imagine” te skep.

Amy het die single geskryf. Haar bestuurder, Lee Wilcock, en Don Vino het die song vervaardig.

Die sangeres verduidelik waaroor die single gaan: “Dit moet jou laat dink aan die manier waarop jy mense liefhet.

“Jy moet jou verbeel dat mense jou liefhet op dieselfde manier wat jy hulle liefhet.

“As ons almal dieselfde liefde terugkry wat ons gee, dan sal die wêreld ’n baie meer vreedsame plek wees.”

Amy verduidelik verder: “Dis byna Kersfees en ons gaan nou die seisoen van liefde binne. Dis ’n tyd waarin ons liefde aan familie en vriende bewys. Hierdie song vier daai liefde tussen familie en vriende.”

Waardering

Vir Amy was dit ’n eer om saam met Don Vino te werk.

“Ek het groot waardering vir Don Vino. Hy het my die eerste groot platform gegee om op te tree. Dit was by show Saxy Vibes in die GrandWest-arena.

“Ek is so verskriklik trots op hierdie song. Elke keer as ek Don Vino se gedeelte in die song hoor, dan kry ek hoendervleis. Dit is regtig spesiaal.”

Die song word vandag uitgereik, so, jy kan dit sommer nou op alle digitale platforms download.

Amy en Don Vino gaan ook die single vir die eerste keer op televisie perform. Tune vandag van 11:30-12:00 in op SABC3 se Expresso Morning Show om te sien hoe Amy en Don Vino “Imagine” perform.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters