Verlede maand
‘Son’ doen dit weer
REG VIR AKSIE: Cheswyn Ruiters is opgewonde op om te tree in Son se aanlyn produksie op Paassondag.  ~ Foto Verskfa

JOU gunsteling-koerant het groot planne vir Paasnaweek!

Son bied op Paassondag, 4 April, ’n aanlyn produksie saam met die talentvolle sangers Cheswyn Ruiters en Elwira Standili aan.

Die produksie gaan by die Kunstekaap-teater plaasvind, maar jy kan in die gemak van jou huis of enige plek in die wêreld dié twee eersterangse kunstenaars sien optree.

Gospel is groot vir Son en die Son-mark, iets wat ’n mens soms vergeet.

Met geen face to face geloofsbyeenkomste wat die laaste jaar kon plaasvind nie, is daar beslis ’n groot behoefte vir lofprys en aanbidding.

Watter beter tyd om dit aan te bied as een van die belangrikste dae op die Christelike kalender – Paassondag?

Elwira Standili Foto: Peter Abrahams

Verhoog

Maar dié konsert is nie net om ons lesersmark te gee wat hulle verlang nie, ons wil ook die plaaslike kunstenaars help. Sien, ons almal weet mos in die grendeltyd het ons kunstenaars óók baie swaar getrek.

Cheswyn en Elwira sal elk 30 minute op die verhoog perform en ons dalk verras met ’n song of twee saam. Hulle sal ondersteun word deur ’n band met vier lede van die Paarl.

Julle sal moet in-tune, want daar is ook ’n surprise of twee vir julle.

Cheswyn en Elwira is albei opgewonde oor die produksie en om net weer hul godgegewe talent te kan gebruik, veral oor die naweek wat die wêreld die herdenking van Christus se kruisiging vier.

Kaartjies is R70 en van Maandag by Quicket beskikbaar.

Hou Son ook Maandag dop vir ’n link na die kaartjies.

Son bied op Paassondag, 4 April, ’n aanlyn produksie saam met die talentvolle sangers Cheswyn Ruiters en Elwira Standili aan.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters