12 dae gelede
Somizi kook voort
Somizi Mhlongo  ~ Argief

SOMIZI se gewilde kook- en geselsprogram Dinner at Somizi gaan op die lug bly ondanks bewerings van diefstal van intellektuele eiendom.

Die vervaardiger Hastings Moeng beweer hy het eintlik in 2014 met die idee vir die program opgekom en het selfs 'n e-pos daaroor aan Somizi en sy agent gestuur. Hy sê sy intellektuele eiendom word nou sonder sy toestemming gebruik.

Benedict Maaga, woordvoerder van Multichoice, het aan TshisaLive gesê hulle is bewus van die bewerings en het reeds uitgereik na Moeng om die saak te bespreek.

“Wanneer inhoud van vervaardigers bestel word, soos in dié geval, onderneem Multichoice dat alle intellektuele eiendomsregte met betrekking tot die program afgehandel is. Ons het 'n week gelede uitgereik na Mnr. Moeng om die kwessie te bespreek en wag nog op sy terugvoering. Ons is ook in gesprek met die program se vervaardiger," sê Maaga.

Maaga sê die oorblywende episodes van die seisoen gaan steeds uitgesaai word. - TshisaLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters