12 dae gelede
Som-som wil platsak sakelui help
HELPENDE HAND: Somizi Mhlongo wil sy sosiale-media-profiele gebruik om klein besighede te promote.  ~ Foto Verskaf

SOMIZI Mhlongo wil sy sosiale-media-profiele gebruik om local besighede te adverteer.

Die Idols SA-beoordelaar en mediapersoonlikheid het in ’n plasing in die sosiale media gesê hy wil uitreik na plaaslike sakemanne en -vroue wat nie geld het vir adverteer nie.

In die video sê Somgaga jy moet jou idee in ’n video aan hom pitch.

Die mediapersoonlikheid, wat op Instagram alleen 3,6 miljoen followers het, is nie picky oor die soort produk wat jy wil verkoop of die diens wat jy lewer nie.

Onontdekte

Dit kan enige iets van ’n catering-besigheid tot ’n tandestokkie-besigheid wees.

Som-Som sê: “Ek het ’n platform wat powerful genoeg is en ’n groot following het. Ek kan dit net sowel gebruik om onontdekte besighede te promote en te ondersteun wat nie noodwendig kan bekostig om vir advertensies en sulke goed te betaal nie.”

Hy gaan die besighede aan die einde van Januarie begin promote en het gesê hy sal nader aan die tyd nog inligting beskikbaar maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters