Verlede maand
Só kan jy DStv se skatkis wen
WEN GROOT: Elke week sal hy ’n kykNET Skatkis-leidraad op die lug, op sosiale media en op ons webwerf gee.  ~ Foto Verskaf

DIE kykNET Skatkis is weer propvol en jy kan ’n groot kontantprys wen.

Daar’s splinternuwe programme wat hul buiging maak, asook opwindende nuwe seisoene van ál jou ou gunstelinge.

Dié DStv-kanaal nooi jou vir die volgende 10 weke op ’n spesiale weeklikse skattejag uit!

Elke week sal hy ’n kyk­NET Skatkis-leidraad op die lug, in die sosiale media en op ons webwerf gee. Om die antwoord te kry, sal jy daardie week se program moet kyk of later op Catch Up moet vang.

Sodra jy die antwoord het, gaan na die kompetisie-blad by kykNET.tv/skatkis, registreer en vul jou antwoord in.

Daar’s elke week ’n lekker prys van R10 000 om te wen! En asof dít nie genoeg is nie, as jy ál tien vrae aan die einde van dié kompetisie reg het, kwalifiseer jy outomaties vir die groot prys van ’n asemrowende R100 000!

As jy vorige weke se inskrywings gemis het, kan jy enige tyd teruggaan en daardie antwoorde ook ingee sodat jy steeds vir dié groot prys kwalifiseer.

Onthou, die rondes sal oop bly tot en met die sluiting van die kompetisie middernag op 26 September.

Om in aanmerking te kom vir die groot R100 000 moet jy elke week inskryf en ál 10 vrae reg beantwoord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters