5 dae gelede
Smeulende Halle wys op 54 steeds lyf
WITWARM: Die mooie Halle Berry lê op die strand in ’n klein string bikini.  ~ Instagram

HALLE Berry is nou eenmaal een van die hotste vroue op die planeet.

Die 54-jarige aktrise het dié week weer gewys dat sy nog lank nie koud is nie. Dít toe sy ’n witwarm foto van haarself in ’n piepklein bikini op haar sosiale media gelaai het waar sy luilekker langs die see in die son bak.

Saam met die foto van haar in haar blou-en-bruin bikini skryf sy: “As dit ’n bikini vereis, is my antwoord altyd: ‘Ja, asseblief.’ ”

Woorde

En nie net het Halle se miljoene fans die kiekie gelike nie, haar celeb-vrinne het haar toegegooi onder komplimente.

Die aktrise Taraji P. Henson is sonder woorde gelaat en eerder verlief-emoji’s en fire emoji’s op die kiekie gecomment.

En Jamie Foxx het ook ’n fire emoji gecomment.

Oukei, Halle, leef jou beste lewe!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters