9 dae gelede
Skrywer deel sonnige uitkyk in nuwe boek
OUTEUR: Sunil Osman se boek motiveer mense.  ~ Foto Verskaf

“DIE begeerte van my hart is dat Sunny Motiv, my boek, lesers sal motiveer om doelgerig te leef.”

Só vertel die skrywer Sunil Osman.

“Ek het aanhalings gebruik. Dis soos ’n kunswerk, maar dit hang af van waar jy in jou lewe is om dit te gebruik om jou lewe te verryk.”

Osman sê baie mense het lesse wat hulle nie noodwendig deel nie, maar dit kan ’n mens laat groei.

“Ek het my al twee jaar geestelik voorberei en in die grendeltyd het ek geleer om meer te bid en stil te word in myself.

“Baie mense spandeer nie tyd met hulself nie en in die grendeltyd was dit ’n geleentheid om jouself te herontdek.

“Ek het ook in dié tyd geleer wie mense werklik is en wie regtig omgee.

“Ek weet vir seker in die lewe as jy met ’n doel leef, sal jy meer vrede en liefde in jou hart ervaar.”

Die boek is ook by Take­alot beskikbaar.

Dit is vir oud en jonk en kan elke dag ook as ’n handleiding ge­bruik word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters