12 dae gelede
Skitter, Shudu
PARAAT: Mej. Suid-Afrika 2020 Shudufhadzo Musida gaan Suid-Afrika in die Mej. Wêreld-kompetisie in Puerto Rico verteenwoordig.  ~ Foto Verskaf

PUERTO Rico beter gereed wees vir ’n bietjie Shudu magic!

Mej. Suid-Afrika 2020, Shudufhadzo Musida (25), het Suid-Afrika die naweek verlaat om ons in die 70ste Mej. Wêreld-kompetisie in Puerto Rico te verteenwoordig.

Die Mej. Suid-Afrika-organisasie het ’n reeks foto’s van Queen Shudu gepost waar sy op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo is.

Sy staan trots met die kleurryke Suid-Afrikaanse vlag om haarself gedrapeer.

In die caption skryf die organisasie heel opgewonde: “Hallo, Wêreld! Hier kom ons.”

Queen Shudu het ook geskryf dat sy dankbaar en opgewonde is om haar land in dié internasionale kompetisie te verteenwoordig.

“Die tyd is eindelik hier en om te sê ek is opgewonde is ’n understatement!

Gegee

“Ek is so verskriklik dankbaar vir die geleentheid om Suid-Afrika te verteenwoordig.

“Die land wat my grootgemaak het, die land wat my ’n stem gegee het en die land wat my die vrou gemaak het wat ek vandag is.”

Dié boorling van Limpopo vra verder dat Suid-Afrikaners haar ondersteun wanneer sy op die Mej. Wereld-verhoog verskyn.

“Ek dra julle elkeen in my hart soos ek op dié een-keer- in-’n-leeftyd-journey gaan en ek vra nederig dat julle saam met my op hierdie journey gaan.”

Queen Shudu hoop om in die voetspore van drie voormalige Mej. Suid-Afrika’s – Rolene Strauss (2014), Anneline Kriel (1974) en Penelope Coelen (1958) – te volg wat die Mej. Wereld-kroon verower het.

Die Mej. Wereld-kompetisie vind op 16 Desember in Puerto Rico plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters