Verlede maand
KYK: Sjoe Shudu ons Miss SA
shudu­fhadzo musida
Mej. Suid-Afrika 2020, Shudu­fhadzo Musida. FOTO: Miss SA  ~ 

SJOE! Shudu is ons nuwe Mej. Suid-Afrika.

Saterdagaand het Sasha-Lee Olivier die mej. Suid-Afrika-kroon oorgegee aan die pragtige Shudu­fhadzo Musida (23).

Queen Shudu is van Ha-Masia, Limpopo, het ’n graad in die sosiale wetenskappe.

Sy stap weg met vet pryse en borgskappe ter waarde van R3 miljoen.

Dit sluit R1 miljoen kontant van die Mej. Suid-Afrika-organisasie in.

Buiten dit kry sy ook ’n woonstel met meubels in Sandton vir ’n jaar en ’n Mercedes-Benz C200 Cabriolet vir ’n jaar.

Die naaswenner is Thato Mose­hle (25) is van Klerksdorp. Sy is ’n mediese dokter wat tans haar internskap voltooi. Thato stap weg met R250 000 in kontant.

Natasha Joubert (22) is die tweede prinses en sy stap weg met R100 000. Sy is ’n skakelbeampte van Centurion asook die stigter en eienaar van die maatskappy Natalia Jefferys (Pty) Ltd.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters