Verlede maand
Shows is weer aan
In aksie: Peter en John Talmarkes tree môre by die Utopia-restaurant op.  ~ Verskaf

HOERA! Dis weer tyd vir live shows!

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag die land op vlak 3 geplaas.

Dit beteken dat kunstenaars darem weer kan begin werk, natuurlik binne die gesondheidsregulasies.

Dit is goeie nuus vir die vermaaklikheidsbedryf wat onder die streng lockdown-regulasies verskriklik gely het.

Baie kunstenaars het in dié tyd gesukkel, so ons is bly om te sien dat hulle weer gehore kan vermaak en weer ’n inkomste kan verdien.

Die talentvolle PJ Twins, die tweelingbroers Peter en John Talmarkes van Bonteheuwel, gaan musiekliefhebbers môre met lekker relaxing tunes bederf wanneer hulle live by die Utopia-restaurant in die Kaap gaan optree.

Emo Adams, die TV-persoonlikheid, komediant en sanger, gaan ook ’n lekker live show op 28 Augustus gooi.

Dis in Brackenfell by die intieme venue van die Jamrock-teater.

Kaartjies kos R180 elk en is beskikbaar by info@jamrocktheatre. co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters