11 dae gelede
Show het als wat lekker is
vol opwinding: Quinton Manuels se show Grappies en Gesange vind môreaand plaas.Foto’s: peter abrahams  ~ 

GRAPPIES, gesange en ’n gedans – dís wat julle kan verwag van Quinton Manuels se No Sour Hour-produksie Grappies en Gesange 20:00 môre.

Quinton beloof om jonk en oud te vermaak soos nog nooit van tevore nie wanneer hy sy musikale en komedie-gawes kombineer met die talent van sommige van die land se beste kunstenaars en grap-vertellers.

En dis nie al nie. ’n Bobaaskok gaan inloer en sy kuns ten toon kom stel.

Van die kunstenaars wat die verhoog met Quinton gaan deel, is die grapvertellers dr. past. Abraham Bakker en past. Johannes Claassen, asook die gewilde Andrew Louw, wat saam met Quinton die suksesvolle komedieproduksie Raadsvergadering gedoen het.

Met die Grammy-benoemde Neville D, die gospelkuns­tenaar en TV-aanbieder Jonathan Rubain, die Idols SA-finalis Elwira Standili, asook die pêrel van Paarl, Loren Erasmus, begelei deur ’n 7-stuk live band, gaan die aand vol opwinding wees.

Die beste deel van die produksie is dat dit aanlyn plaasvind.

Dit beteken enige een kan inskakel van waar ook al hulle in die wêreld is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters