Verlede maand
Shona bly in hospitaal
OPGENEEM: Shona Ferguson is in die hospitaal nadat hy ’n hartoperasie gehad het.  ~ Getty Images

DIE bekroonde akteur Shona Ferguson veg nog om sy lewe in die hospitaal nadat hy ’n hartoperasie ondergaan het.

Sunday World berig die 47-jarige TV mogul en man van die aktrise en vervaardiger Connie Feguson is nou al langer as ’n week in die privaat hospitaal Milpark in Johannesburg.

Hy is na verneem word in ’n privaat area geplaas waar net die dokters tot hom toegang het. Die Fergusons, wat hul eie vervaardigingsmaatskappy het, rol in die geld, so hulle kan dit bekostig.

’n Bron na aan die familie het bevestig dat Shona in die hospitaal is.

“Hy is ’n vegter en hy sal deur die stryd kom.

“Ja, hy is op die oomblik in die hoësorgeenheid, maar hy gaan oukei wees.”

Die bron voeg by dat Connie aan haar man se sy is terwyl sy steeds hul besighede bestuur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters