5 dae gelede
Sho Madjozi gee klas by YouthX-dag
Sho
DEEL INLIGTING: Sho Madjozi bied op Jeugdag ’n meesterklas aan vir jonges wat daarvan droom om ’n loopbaan in die vermaaklikheids­bedryf te volg.  ~ Foto Verskaf

SHO Madjozi bied op Youth Day die YouthX-geleentheid aan om Mzansi se volgende generasie te ondersteun en op te voed.

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar het op haar Instagram-blad aangekondig dat sy ’n gratis masterclass gaan aanbied vir almal wat belangstel om ’n loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf te begin.

Vermaak

“Tag ’n vriend wat ’n loopbaan in die kunste of die vermaaklikheidsbedryf wil begin. Ek gee op Jeugdag (16 Junie) ’n meesterklas met nuttige inligting van my eie reis. Dit is ’n seldsame en waardevolle geleentheid. Ek gaan baie oop en insiggewend wees en ek sal daarna vrae beantwoord. Dit is tyd om aan jou drome te begin werk ...”

Die “John Cena”-sanger het saam met Nedbank aan die YouthX-geleentheid gewerk om hierdie gratis leerervaring aan te bied waarvoor ons gewoonlik elders duur sou betaal. Almal op Twitter is ook opgewonde oor dié geleentheid.

“Ek wens môre is al die 16de. Ek sien uit daarna,” sê @thami_tzz.

“Dit gaan baie insiggewend en inspirerend wees,” meen @Hluga­TheGuy_.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters