10 dae gelede
Shaleen op TV vereer
Nenna
OPPIE KASSIE: MultiChoice vier die volgende paar dae die lewe van wyle die veteraan-aktrise Shaleen Surtie-Richards.  ~ Foto Verskaf

MultiChoice sal haar baanbreker-loopbaan môre 19:30 herdenk met ’n eksklusiewe dokumentêr, Shaleen Surtie-Richards: I Am Who I Am, asook op kykNET en kykNET & kie op Sondag 13 Junie om 20:00.

Dié dokkie sal van môre af op Showmax beskikbaar wees om te stroom. Daar is addisionele herdenkings op verskeie DStv-kanale geskeduleer.

Shaleen was ’n geliefde en gevierde Suid-Afrikaanse ikoon. Sy’t in 1988 die ikoniese rol van Fiela Komoetie vertolk in die film Fiela se Kind – ’n grensverskuiwende prestasie vir ’n aktrise van kleur in die hoofrol tydens apartheid in Suid-Afrika. Met haar vertolking van Ester “Nenna” Willemse, die geesdriftige opsigter van Marlborough Mansions in die M-Net sepie Egoli: Place of Gold het sy ’n alombekende naam geword.

In hierdie intieme dokumentêr herbesoek ons Shaleen se kinderjare in Upington, haar eerste treë op die Upingtonse skoolverhoë tot uitverkoopte teatersale voor enorme gehore.

Pretensie

Marc Lottering, Sandra Prinsloo, Pieter-Dirk Uys, Brümilda van Rensburg, Katinka Heyns Patricia de Lille, Bobby Heaney, Kevin Smith en andere deel hul herinneringe en stories van ’n vrou wat haar lewe teenstrydig met die stereotipes geleef het.

Soos sy in haar eie woorde sê: “Ek het nie tyd vir pretensie in my lewe nie, so as jy vra wie is ek … ek is ek.”

Só word sy gedenk:

  • Woensdag 9 Junie 2021

– 19:30 Shaleen Surtie-Richards: I Am Who I Am, M-Net (DStv-kanaal 101);

– 20:30 KLOP!, kykNET & kie (DStv-kanaal 145);

  • Donderdag 10 Junie 2021

Shaleen Surtie-Richards: I Am Who I Am is ook beskikbaar op Showmax;

  • Saterdag 12 Junie 2021

Ontbytsake, kykNET en kyk­NET ­& kie (DStv-kanale 144 en 145)

  • Sondag 13 Junie 2021

– 19:00 Carte Blanche, M-Net (DStv-kanaal 101)

– 20:00 Simulcast: Shaleen Surtie-Richards: I Am Who I Am op kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET & kie (DStv-kanaal 145)

  • 20:30 Swirl, fliekNET (DStv-kanaal 149)

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters