2 maande gelede
Sesde reeks is propvol intrige
Moenie MISLOOP: Hope opwinding lê voor in die sesde reeks van Getroud Met Rugby. foto verskaf  ~ 

GETROUD Met Rugby se sesde reeks het dié week afgeskop en ons het die inside scoop oor wat in dié reeks gaan gebeur.

Reeks 6 het hartseer begin toe die Stryders finaal vir Reitz Bekker (Sean van Noordwyk) groet. Reitz was breindood na ’n ernstige motorongeluk.

Groot en opwindende storielyne propvol intrige, drama en romanse wag om die draai! In die volgende drie maande kan kykers daarna uitsien om die twee Greeff-babas te ontmoet, ’n vinnige troue word beplan én nuwe karakters maak hul opwagting.

Buks (Adriaan Marais) en Nesie (Melissa Massyn) kry ’n nuwe huis.

Die kykers kan ook daarna uitsien om Nesie se ouers en ouma te ontmoet. Die aktrise Hélène Truter is lid van dié eiesoortige familie.

Getoets

Ryno (Adrian Steyn) en Thinus (Arno Marais) se huwelik word getoets wanneer Thinus ’n onweerstaanbare werksgeleentheid in die Kaap kry, maar Ryno besluit om nie sy kapteinskap by die Stryders prys te gee nie.

Gaan die einde van hul liefde ’n nuwe hoofstuk vir Ryno beteken?

Die trauma van Reitz se dood het ’n negatiewe uitwerking op Amanda (Natasja Jacobs).

Kykers ontmoet Liam (David Johnson) se nefie wat pas uit die tronk vrygelaat is.

Fafa se orkes gaan van krag tot krag, terwyl Bibi (Stephanie Petersen) en Maryke (Marijke Coetser) nie grondvat in hul oorvol salon nie.

’n Nuwe, manlike haarstilis word aangestel.

  • Getroud Met Rugby wys weeksaande om 18:00 op kykNET, DStv se kanaal 144.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters