8 dae gelede
Sepiester gegroet ná depressie hom onderkry
TRAGIES: Ceagan Arendse het laas week sy eie lewe geneem.  ~ Foto Verskaf

“HY WAS Woelag in alles wat hy aangepak het. Hy het energie gebring in alle kringe waarin hy homself bevind het.”

Dít is die pragtige afskeidswoorde wat die naweek uitgelees is by die geliefde akteur Ceagan Arendse (34) se begrafnis.

Die pastoor het gesê Ceagan was van kleins af ’n aktiewe lidmaat in die kerk. Hy was by die Sondagskool en jeug betrokke en later was hy ’n diaken in die Nuwe Apostoliese Kerk.

Ceagan is Saterdag vanuit die Nuwe Apostoliese Kerk begrawe.

Dié akteur, wat tot onlangs nog die rol van Woelag in Arendsvlei vertolk het, het laas week sy eie lewe geneem.

Sy familie het in ’n verklaring gesê hy het aan depressie gely.

Die briljante akteur het ook in Suidooster, Soutmansland en Projek Dina gespeel.

Broer

Hy sal ook later vanjaar in die Kaapse murder mystery-reeks Skemerdans te sien wees.

Ceagan laat sy vrou, Ziggy Arendse, kinders, ouers, Desmore en Bertram, en broer, Bevan, agter.

Ceagan se pragtige begrafnisdiens kan op You­Tube gesien word.

Rus sag, onse Woelag.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters