9 dae gelede
Self-care is baie belangrik
RUIK LEKKER: Kry ’n goeie reukwater, bly vars.  ~ Jonathan Lestrade

SELF-CARE gee nie net jou selfvertroue ’n hupstoot nie, dit bevorder ook jou gesondheid gees­telik, fisiek en emosioneel.

Baie mense dink jy moet groot begin wanneer jy self-care doen, maar dit is nie noodwendig waar nie.

Jy kan by klein dingetjies begin en dit by jou roetine inwerk om te verseker jy lyk goed, voel goed en doen goed!

Mans, moenie dat iemand vir julle vertel julle kan nie ook self-care doen nie. Dis bogstories.

November is in elk geval Men’s Health Awareness Month, so kom vang tips hier.

Hier’s vyf vinnige self-care-wenke:

1. Moisturise gereeld

Behalwe dat jy elke dag genoeg water moet drink, moet jy seker maak jy moisturise jou vel twee keer per dag.

Hierdie is ’n klein verandering wat jy onmiddellik in jou roetine kan aanpas.

Jy sal sommer gou die verskil aan jou vel agterkom ook. Geen mens loop met asvaal hakke en elmboë in die somer rond nie!

2. Ruik lekker

Julle, dit is baie belangrik om goeie higiëne toe te pas. Maak seker jy was gereeld en ordentlik en gebruik roll-on, deodorant of reukwater om te verseker jy ruik en voel heeldag vars.

3. Wees aktief

Ons hoef eerlikwaar almal nie spiertiere en gym bunnies te wees nie. Maar kies ’n aktiwiteit wat jou aktief sal hou. Jy kan met die hond stap, draf, swem, tennis speel of dans. Enigiets wat daai endorfiene vrystel.

4. Vat ’n break

Jy weet presies wanneer dinge vir jou te veel raak. So, as jy daai oorweldigende gevoel kry, móét jy ’n break vat. Al maak jy net koffie om jou aandag af te lei, doen dit.

5. Hê jouself lief

Hou op om jouself met ander te vergelyk. Jy is spesiaal en daar is niemand soos jy nie. Fokus net op jouself en lewer elke dag jou beste.

  • Baie dankie aan MRL, wat die produkte in die foto’s verskaf het.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters