15 dae gelede
Seksklag teen Sjava is history
UITGEGOOI: Die verkragtingsaak wat teen Sjava gemaak, is, is teruggetrek.  ~ Foto Verskaf

DAAR hang nie meer ’n verkragtingsaak oor die veelbekroonde musikant Sjava se kop nie.

Sy eksmeisie Lady Zamar het hom in 2019 by die polisie aangegee vir beweerde verkragting. Die saak is toe aan die nasionale vervolgingsgesag oorhandig.

Bygewoon

Volgens die “Collide”-sangeres se verklaring het hy haar verkrag toe hulle in 2017 by ’n hotel in Thohoyandou, Limpopo, was.

Hulle het albei ’n konsert daar bygewoon.

Sjava het ’n verklaring uitgereik waarin hy sê hy het Lady Zamar nie verkrag nie.

Ek lees op Sowetan Live­ se site die woordvoerder van die polisie in Limpopo, kol. Moa­tshe Ngoepe, het bevestig die saak van verkragting is op 5 November afgekeur vir vervolging.

Ngoepe sê: “Die case docket is laas jaar aan die senior staatsaanklaer oorhandig sodat dié ’n besluit daaroor kon neem. Op 5 November het die direkteur van openbare vervolgings die saak by die hof teruggetrek.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters