13 dae gelede
Scott, Khloé stry dat TV show bly
KHLOE
SOEK MAKLIKE GELD: Khloé Kardashian en Scott Disick wou glo nie instem om hul show Keeping Up with the Kardashians te stop nie.  ~ Getty Images

KHLOÉ Kardashian en haar ousus se baby daddy Scott Disick het erg teen die karre geskop oor die kansellering van die realiteitsprogram Keep­ing Up with the Kar­dash­ians (KUWTK).

Page Six berig die twee, wat dik pelle is, het nie met Kim Kardashian, Kanye West, Kendall Jenner en Kylie Jenner saamgestem dat KUWTK moet eindig nie.

’n Bron het aan die publikasie gesê Scott (37) en Khloé (36) meen KUWTK is maklike geld. “Van hulle het die geld nodiger as die ander.”

Vir Kylie (23), Kendall (24) en Kim (39) is die show lankal nie meer hul groot bron van inkomste nie.

Kim se hubby, die rapper Kanye (43), kla glo al lank dat hy haar nie meer op die show wil hê nie.

Laaste

Khloé en Scott het albei hul eie klerereeks – onderskeidelik Good American en Talent­less – maar dis klein vissies in vergelyking met Kylie se skoonheidsbesigheid, Kylie Cosmetics, en Kendall se suksesvolle modelloopbaan.

Die tweede laaste seisoen van KUWTK begin eerskomende Sondag hier in Mzansi.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters