15 dae gelede
Sasha Banks gou te sien in Star Wars-reeks
sasha
Sasha Banks  ~ WWE

DIE WWE-ster Sasha Banks het 'n rol los geslaan in die tweede seisoen van die Star Wars-televisiereeks, The Mandalorian.

Die tweede seisoen word vanaf 30 Oktober op die stroomdiens Disney+ uitgesaai.

The Mandalorian speel etlike jare ná 1983 se Return of the Jedi af en vertel die verhaal van 'n bounty hunter wat 'n kind met Jedi-magte terug aan sy familie moet besorg.

Die eerste seisoen is goed ontvang en het 15 Emmy-benoemings behaal, insluitend vir uitstaande dramareeks.

Banks, die rapper Snoop Dogg se niggie, was tot onlangs nog die Raw-vrouekampioen. Dit is nog onbekend hoe groot haar rol gaan wees.

Ander bekendes wat deel gaan uitmaak van die tweede seisoen is Gina Carano, Carl Weathers en Pedro Pascal.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters