10 dae gelede
Sarah ashes oor koue Kim in reboot frenzy
Nuut: Die vroue van Sex and the Cityis terug met ’n reboot.Foto: page six  ~ 

SARAH Jessica Parker (55) entertain glad nie idee van Kim Cattrall (64) dat hulle vyande is nie.

Ek sien op Page Six SJP het dié week weer laat hoor sy gaan Kim mis in hul komende reboot van Sex and the City.

Asem

SJP, Cynthia Nixon (54) en Kristin Davis (55) gaan almal te sien wees in And Just Like That ...

’n Fan het SJP in die sosiale media gelukgewens met die reboot, maar in dieselfde asem genoem Kim gaan gemis word.

“Ek is bly om te sien julle is terug, maar ek gaan Kim/Samantha mis,” het die fan laat hoor.

SJP het liefies geantwoord: “Ons ook. Ons was baie lief vir haar.”

Kim het dit mos duidelik gemaak dat sy glad nie daarin belang stel om ’n derde Sex and the City movie te doen nie. Sy het ewe hatig gesê die vroue is nét haar cast mates en nie haar vriende nie.

Die Filthy Rich-ster het SJP ook lelik ingesê toe dié in die sosiale media haar medelye gedeel het nadat Kim se broer in 2018 afgesterf het.

Laaste

“Ek het nie in hierdie tragiese tyd jou liefde en ondersteuning nodig nie,” het katterige Kim reply.

“Laat ek dit baie duidelik maak: Jy is nie my familie nie. Jy is nie my vriendin nie. Ek skryf aan jou om jou een laaste keer te sê om op te hou om ons tragedie uit te buit om jou nice girl persona te fix.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters