21 dae gelede
Sangers staan saam vir inspirerende song
SURVIVORS: Dié groep sangers staan saam.  ~ Foto Verskaf

SOOS talle ander jobs trek mense in die entertainment-wêreld baie swaar weens die Covid-19-pandemie.

Nou het musikante in die Wes-Kaap saamgestaan en ’n song gesing wat deur Saalim Ismail geskryf is.

Dit is lanklaas dat ’n song ikonies geword het soos Vicky Sampson se “African Dream”en PJ Powers se “World in Union”. Almal onthou ook nog die hit song “We Are The World”.

Maar nou is “We Are Survivors (Singabasindileyo)” hier.

Dié song gaan oor hoop en wil mense se gees lig.

Bekende kunstenaars soos Saalim Ismail, Vicky Samp­son, Jean Citto, Andréas Tabu Muntu, Xola Toto, Zoe Zana, Celest Florence, Julian Hurley, Cheswyn Ray, Miché Beneke, Ameer Hendricks en Micaela Kleinsmith sing die song.

Die diverse groep stemme kom uit verskillende streke in Wes-Kaap.

Die video van die song word 30 September op YouTube bekend gestel en Siv Ngesi en Jenny Morris help ook.

Dis ook ideaal dat die single, wat Suid- Afrika se talent vier, aan die einde van Erfenismaand uitgereik word.

Boodskap

Saalim sê hulle wil ’n boodskap van hoop versprei in ’n taal wat almal ken – musiek.

“Ons wil ook al ons unsung heroes salueer vir die harde werk wat hulle gedoen het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters