7 dae gelede
Saffas se grilprent geloof
RILLER: The Unfamiliar sal hierdie Halloween in Suid-Afrika beskikbaar wees.  ~ Foto Verskaf

DIE Britse gruwelprent The Unfamiliar, geskep en vervaardig deur Suid-Afrikaners wat in Brittanje woon, het by die Viëtnamese loket in die nr. 2-posisie geopen in 1 102 bioskope regoor dié land.

Viëtnamese kritici prys hierdie gruwelprent se vermoë om die gehoor te ontstel deur ’n familie-eenheid te ontwrig.

The Unfamiliar sal hierdie Halloween in Suid-Afrika beskikbaar wees. Dit vertel die storie van ’n Britse weermagdokter (Jemima West) wat terugkeer van die oorlog en dink dat sy aan post-traumatiese stresversteuring (PTSV) ly, net om te ontdek dat daar bose geeste in haar huis is.

Die lewe wat sy voorheen geken het, word ingrypend verander.

Rolprentmaker

Hierdie vreesaanjaende gruwelprent is in Augustus in Amerika aan meer as 100 miljoen huishoudings uit­gereik deur intekendienste, satelliet-TV en digitale platforms.

Dit het iTunes se lys van Top-20 gruwelfilms in Brittanje met die uitreiking in September 2020 gehaal.

Die SA rolprentmaker Henk Pretorius, ook bekend vir flieks soos Leading Lady, BakgatenFanie Fourie’s Lobola, is die regisseur.

Hy’t die draaiboek saam met Jennifer Nicole Stang geskryf.

Pretorius vertel: “Ek is baie opgewonde om binnekort ook The Unfamiliar met Suid-Afrikaners te deel en is dankbaar vir die internasionale sukses wat dit sover behaal het.

“Ek sal altyd trots Suid-Afrikaans bly en hoop dat my reis ander sal inspireer om ook hul drome te volg.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters