6 dae gelede
S.A. sounds op ‘track’
RAPPER: Nasty C se song “Black and White” sal gehoor word in die movie Coming 2 America.  ~ Twitter

NIE net gaan ons die Suid-Afrikaanse aktrise Nomzamo Mbatha en die Suid-Afrikaanse label Maxhosa se klere in die nuwe movie Coming 2 America sien nie, ons gaan eg Suid-Afrikaanse musiek hoor.

Ek lees op zalebs.com songs van ’n paar van Mzansi se musikante is gekies vir die album van 16 songs wat Def Jam Africa bymekaargesit het vir die movie waarin Eddie Murphy speel.

Van die Suid-Afrikaanse kunstenaars wie se songs gehoor kan word op die album Rhythms of Zamunda: Music In­spired by Com­ing 2 America, is die rapper Nasty C se hit song “Black and White” (wat hy saam met Ari Lennox gedoen het), Prince Kaybee se hit “Fetch Your Life” en Gemini Major en Anatii se song, “Loke Loke”.

Gebruik

Een van Mzansi se grootste songs wat in 2019 uitgekom het, “Shesha” deur Njelic en De Mthuda, is ook daarop, asook, Tellaman en Sha Sha se song, “Overdue”.

Van die ander Afrika-kunstenaars wie se songs ook gebruik is, is Larry Gaaga, Tekno, Diamond Platnumz en Tiwa Savage.

Coming 2 America word op 5 Maart uitgereik.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters