17 dae gelede
SA se beste kry Safta-toekennings
Crystal-Donna Roberts  ~ Foto Verskaf

SPIEËLTJIE spieëltjie aan die wand, wie is die beste aktrise in die land?

Laat Donderdag is die benoemings vir die 19de Saftas aangekondig. Suid-Afrika se TV-aktrises Sindi­ Dlathu (The River), Crystal­-Donna Roberts (Arendsvlei) en Mary-anne Barlow (Legacy) spook sake in die beste ­ak­trise-kategorie uit. ­Sindi en Mary-anne­ is nou wel Safta-bekroonde aktrises, maar Crystal­ verdien om met dié toekenning weg te stap. Sy vertolk haar vurige Arendsvlei-karakter, Janice, met soveel kleur en spice dat ’n mens nie kan help om vir haar lief te wees nie.

Ek hou duim vas dat Crystal as die beste aktrise in die telenovela-kategorie bekroon word.

Nóg ’n produksie wat ’n Safta verdien, is M-Net se Legacy.

Dié produksie is vir ’n hele paar Saftas soos beste wardrobe, beste makeup en beste hair styling­ benoem. Daar is geen ­ander­ Suid-Afrikaanse produksie wat by die indruk­wekkende­ wardrobe van Legacy kan uitkom nie. Die imposante Price­-familie kan elke aand deur ’n ring getrek word! Zandile Mncwango, wat sorg dat die Legacy-rolverdeling in die wardrobe-afdeling skitter­, kan maar dié toekenning kry.

Hier is van die benoemings vir vanjaar se ­Saftas:

  • Beste regisseur (telenovela):

Thabang Moleya, Nthabiseng Mokoena, Nozipho Nkelemba, Lefuno Nekhabambe; Gomora (Mzansi Magic)

Zuko Nodada, Zimkitha Maseko, John Barker, Gert van Niekerk Isono (BET Africa)

Johnny Barbuzano, Catharine Cooke, Krijay Govender, Andre Odendaal Legacy (M-Net)

  • Beste regisseur (sepie):

Danie Joubert Binnelanders (kykNET)

Eric Mogale Rhythm City (e.tv)

Chris Beasley, Sanele Zulu, Tsakani Mongwe, Philasande Malunga, Sphamandla Nqcobo Scandal! (e.tv)

  • Beste akteur (telenovela):

Dawid Minnaar, Legacy (MNet)

Menzi Ngubane, The ­River (Mzansi Magic)

Presley Chweneyagae, The River­ ­­­(1Magic)

  • Beste byspeelster (tele­novela):

Rami Chuene, Isono (BET ­Africa­)

Michelle Botes, Legacy (M-Net)

Quanita Adams, Arendsvlei (kykNET)

  • Beste byspeler (telenovela):

Andrew Buckland, Legacy (M-Net)

Lawrence Maleka, The River (1Magic)

Meshack Mavuso Magabane, The River (1Magic)

  • Beste aktrise (sepie):

Cindy Swanepoel, Binne­landers­ (kykNET)

Petronella Tshuma, Rhythm City­ (e.tv)

Shoki Mmola, Skeem Saam (SABC 1)

  • Beste akteur (sepie):

Clint Brink, Binnelanders (kykNET­)

Cedwyn Joel, Suidooster (kykNET­)

Bongile Mantsai, Scandal! (e.tv)

  • Beste sepie:

7de Laan (SABC 2)

Rhythm City (e.tv)

Scandal! (e.tv)

Gomora (Mzansi Magic)

Legacy (M-Net)

The River (1Magic)


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters