Verlede maand
SA aksiefliek maak buiging oorsee
Karakter: Jarrid vertolk die rol van die voormalige brandweerman Theo Abrams.  ~ Verskaf

DIE opwindende plaaslike aksiefliek Indemnity gaan sy wêreldpremière op 11 Augustus by die Fantasia-filmfees in Kanada maak.

Die movie handel oor ’n voormalige Kaapse brandweerman, Theo Abrams (gespeel deur Jarrid Geduld), wat aan post-traumatiese stresversteuring ly ná ’n reddingspoging wat skeefgeloop het. Sy geestestoestand veroorsaak dat hy nie kan terugkeer werk toe nie en dinge vererger toe hy eendag langs sy vrou se lyk wakker skrik.

Hy kan nie onthou wat gebeur het nie, maar een ding is seker – sy is vermoor en hy gaan uitvind wie agter haar moord sit.

Terwyl hy die moordenaar soek, jag ’n onderhoof van die polisie, Alan Shard, hom as die hoofverdagte in sy vrou se moordsaak.

Hierdie is die cop se laaste saak voordat hy uittree, so hy is vasbeslote om Theo vas te trek.

Theo ontdek ’n skokkende verbintenis tussen sinister magte wat hom finaal wil stilmaak vir ’n rede wat hy nie regtig verstaan nie.

Hy bevind hom in ’n desperate stryd om oorlewing en ’n soeke na sy vrou se moordenaar voordat ’n conspiracy die nasie vir ewig verander.

Pandemie

Die rolverdeling sluit in Nicole Fortuin, Gail Mabalane en André Jacobs.

Travis Taute is die regisseur van dié polities gelaaide aksieriller wat gedurende die pandemie geskiet is.

Taute is ook die skrywer en regisseur van die gewilde Netflix-reeks Blood & Water, waarvan die tweede seisoen binnekort begin.

Die plaaslike vervaardigingsmaatskappy Gambit Films het Indemnity geskep. Die fliek lyk dêm goed. Ek kan nie wag dat dit in Suid-Afrika te sien is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters