12 dae gelede
Royston Skippers reik tweede album uit
MUSIEKMAKER: Royston Skippers stel sy tweede album,My Baby She Knows, bekend.  ~ Foto Verskaf

MEER as ’n jaar na sy debuutalbum, Made Up My Mind, stel die Suid-Afrikaanse jazzmusikant Royston Skippers nou sy tweede album, My Baby She Knows, bekend.

Mat die titelsnit wat later op sy debuutalbum was, het Roy­ston in 2016 ’n Akademia Music Awards-toekenning in Los Angeles gewen.

Hy kom al lank in die SA musiekbedryf aan en het sy eie band, Tusmart.

Hy is ook ’n gekwalifiseerde ortotis – iemand wat spesialiseer in kunsledemate.

Royston het al in Desember aan sy nuutste album begin werk, maar toe die lockdown se kake in Maart toeklap, het alles tot ’n stilstand gekom.

Snit

“Maar ek het nie stilgesit nie,” gaan Royston voort. “Ek het by die huis aan my idees gewerk.

“Verskeie musikante het saam met my aan die album gewerk, onder andere Allou April, Harry Austin, Winston Moses en Abigail Bagley.

“Ons het die laaste snit in September klaargemaak en dit sal binnekort op verskillende digitale platforms, soos CD Baby en Amazon, gelaai word en ook as hard copy beskikbaar wees. Dit is ’n jazz-album, maar met ’n sterk Latynse geur.”

“If You Ever Change Your Mind”, “All Of Me”, “Kiss and Make Up”, “So Happy” en “So Distracted” is vyf van die songs op die album.

Die liedjies speel reeds op radiostasies soos Bush Radio, Fine­ Music Radio en Old School Radio, ’n internetradiostasie in Johannesburg.

Die songs speel selfs op ’n aantal radiostasies in Nieu-Seeland.

Vir meer inligting, kontak Royston by 081 502 7930 of info@roystonskippers.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters