6 dae gelede
RiRi verskuif haar fokus
GELD ROL IN: Rihanna se Fenty Beauty-maatskappy is ’n hele klomp moolah werd.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE onderklere-reeks Savage X Fenty het Rihanna pas weer in ’n ander liga geplaas – hierdie keer as die eerste swart vrou wat ’n handelsmerk van $1 miljard (sowat R14,7 miljard) besit en lei.

RiRi is bekend as ’n superster-musikant, maar nou maak sy haar merk as een van die suksesvolste en gemotiveerdste entrepreneurs ter wêreld.

Een van die redes waarom haar handelsmerk in ’n kort tydperk só suksesvol geraak het, is vanweë die diversiteit en inklusiwiteit wat gesien kan word in haar keuses van modelle en produkte.

Aangesien groot handelsmerke te midde van die pandemie sukkel, is daar onlangs aangekondig dat die launch van haar klerereeks RTW uitgestel sal word terwyl sy en LVMH hul fokus na die uitbreiding van haar ander produkte verskuif.

Harte

Rihanna en LVMH het gesamentlik die besluit geneem om die gereed-vir-dra-aktiwiteit, gebaseer in Europa, op te stel terwyl hulle op beter toestande wag.

Die nuus het moontlik die harte van hoogmode-kopers gebreek, maar ander produkte van die Fenty-handelsmerk, soos velsorgprodukte, lingerie en skoonheidsmiddels, is steeds beskikbaar.

RiRi het ’n ander benadering in haar sakeonderneming, en met haar lang breek moet ons nog sien hoe hoog dié trendsetter die maatstaf sal stel.

In ’n verslag van CultureBanx sal Savage X Fenty teen 2025 die wêreldleier op die gebied van onderklere wees.

Met voorspellings soos dié laat die opskorting van haar modelyn net vir haar meer ruimte om die publiek te wow met haar avant-garde-benadering tot die mode- en kosmetiese bedryf waaraan ons net nooit gewoond sal kan raak nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters