4 dae gelede
Rillerreeks ‘Dam’ uiteindelik hier
pragtig: Die aktrise Lea Vivier vertolk die hoofrol in Dam. foto verskaf  ~ 

DIE gewag is uiteindelik oor en vanaand kan Showmax-kykers hulself verlustig in die splinternuwe plaaslike rillerreeks Dam.

Ek het julle mos al vertel van dié oorspronklike reeks wat laat laas jaar met verfilming in die Oos-Kaap klaargemaak het.

In die hoofrol is die aktrise Lea Vivier. Sy speel Yola Fischer, wat van Chili terugkeer na die Oos-Kaap vir haar pa se begrafnis.

Maar by haar terugkeer ervaar sy ’n reeks onverklaarbare en donker gebeure.

Bevraagteken

Haar suster, Sienna, (vertolk deur Natasha Loring) erf die plaas wat haar pa agtergelaat het en haar ma is in ’n geestesinrigting.

Yola begin haar werklikheid bevraagteken wanneer haar meds opraak en sy gekonfronteer word deur geeste wat haar aandag wil hê – of dalk is alles net in haar verbeelding ...

Ook in die rolverdeling is Siv Ngesi, Neil Sandilands, Pallance Dladla en Antoi­nette Louw.

Dam het agt episodes.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters