NIKE Inc. het blykbaar niks te doen met Lil Nas X se “Satan Shoes”-produkte nie.
Nike het Maandag ’n regsgeding teen MSCHF Product Studio Inc. ingestel oor dié tekkies met ’n duiwelse tema. Dit bevat glo ’n druppel bloed.
Die batch van 666 aangepaste Nike Air Max ’97-tekkies het nes soetkoek verkoop. ’n Paar kos sowat R15 250.
Nike sê die tekkies is sonder sy magtiging gemaak.
“Daar is beduidende verwarring, insluitend oproepe om Nike te boikot, as reaksie op die bekendstelling van die Satan Shoes van MSCHF, gegrond op die verkeerde aanname dat Nike dit goedgekeur het,” lees hofdokumente.
Die omstrede sanger het wel baie aandag gekry, maar nou hap dit hom aan die alie.