13 dae gelede
Ray love sy prinses nie
PRINCESS
OOR EN UITt: Ray J wil nou skei van sy vrou, Princess Love.  ~ Getty Images

RAY J het een wens en dit is om van sy vrou, Princess Love, te skei.

Dít kom nadat sy vrou in Meimaand van hom wou skei.

Die tweetjies het toe darem weer liefde gevind en die skeisaak is toe maar laat staan.

Maar nou berig Page Six dat Ray J, daai ou wat Kim Kardashian famous gemaak het met hul sex tape, dié keer self aansoek gedoen het om te skei.

’n Bron het aan die publikasie vertel die sanger het die skeipapiere Maandag by ’n hof in Los Angeles ingedien.

Kwarantyn

Die egpaar is vier jaar getroud en het ’n tweejarige dogter en ’n agt maande oue seuntjie.

Dit gaan al ’n hele ruk nie lekker tussen die twee nie. Laas jaar in November het Princess Love mos vertel Ray J het haar hoog en droog in Las Vegas gelos en alleen teruggekeer Los Angeles toe.

Page Six berig verder dat die sanger vroeër dié jaar alleen in ’n hotel in kwarantyn was en nie saam met sy gesin by hul huis nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters