10 dae gelede
Rappers, musiek en tonne pret
KLEIN BROER: Cheswyn Ruiters is een van die gaskunstenaars wat in Brother Love gaan optree.  ~ Foto Verskaf

AS KIND het hy en sy broer Brother Love bestudeer terwyl hulle dit oor en oor gekyk het.

Die eerste wenner van Maak My Famous, Cheswyn Ruiters, is een van die gaskunstenaars wat in vanjaar se Brother Love-konsert gaan optree.

Die Adams-broers Emo en Loukmaan beplan ’n spesiale konsert om hul 10de jaar van Brother Love te vier.

Cheswyn sê hy wou nog altyd deel gewees het van dié legen­dariese produksie.

“Toe Emo my nader vir die show het ek dadelik ingestem, want ek wou nog altyd saam met Emo en Loukmaan gewerk het en hier gaan dit nou gebeur. Ek is so opgewonde oor hierdie show.”

Hy voeg by dat Brother Love, wat aanlyn aangebied word, beslis ’n treffer gaan wees: “Ons celebrate die legacy van Emo en Loukmaan Adams en ons gaan sien hoe hulle oor die 10 jaar transform het.

“Maar ons celebrate ook ons kultuur en ek dink baie mense kan relate met die stories wat vertel gaan word.

“Die show gaan mense op ’n journey vat.”

Die talentvolle Rotas the Rapper gaan ook op die Brother Love-verhoog verskyn.

Die rapper van Maak My Famous sê hy is dankbaar om aan die spesiale konsert deel te neem.

“Ek wil te alle tye betrokke wees om my boodskap te deel met jong mense. Ek voel dat dit ook die perfekte geleentheid is om myself op te bou.

“Oor ek met soveel talentvolle kunstenaars werk, gaan ek definitief ook van hierdie geleentheid gebruik maak om te leer.”

Grappies

Die geliefde Kaapse sanger Nur Abrahams is ook een van die gaskunstenaars. Hy beloof dat jy jou met vanjaar se Brother Love-konsert gate uit sal geniet.

“Dit is altyd ’n voorreg om lid van die Brother Love-span te wees, want op stel het ons ongelooflik baie pret.

“Die energie tussen Emo en Loukmaan is net so lekker. Jy kan net wens jy was ook ’n broer of ’n sussie. Hulle is vol grappies en dans-moves.”

Cheswyn herinner jou waarom jy ’n kaartjie vir die konsert móét koop: “Mense gaan dans, bietjie huil, baie lag en elke oomblik van die show geniet, want daar gaan van alles wees.

“So, dit gaan een van daai shows wees waar mense nie gaan kan stil sit nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters