8 dae gelede
Rapper vas oor wapen
DaBaby
DaBaby  ~ Photo: Steve Jennings/FilmMagic/Getty Images

EK WEET darem nie wat dit is met die Amerikaanse rappers dat hulle so met onwettige vuurwapens by hulle gevang word nie.

Dié keer is dit DaBaby, oftewel Jonathan Lyndale Kirk, wat gearresteer is oor hy ’n onwettige gun by hom gedra het.

Volgens TMZ het die rapper en sy tjommies in ’n swart SUV gery toe die polisie hulle voorkeer.

Bloues

Op TMZ se webwerf is ’n video wat wys hoe die cops die groep mans in hul posh voertuig aankeer en die rapper in boeie sit.

Die bloues het die groep mans glo gevra om hul venster af te rol en toe vir DaBaby (29) in hegtenis geneem. Hy is al een van die vier voorgekeerdes wat weggevat is.

Die rapper se arrestasie kom twee maande nadat sy broer, Glenn Johnson (34), selfmoord gepleeg.

Johnson het homself in die kop geskiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters