Verlede maand
R. Kelly deur klag omgeëllie
Skop vas: Nuwe klagte word voor R. Kelly se deur gelê.  ~ Wireimage

R. KELLY (54) se regspan kla oor die staatsaanklaers se plan om bewyse in te dien dat die R&B-sanger met ’n 17-jarige seun gelol het.

Die omstrede Amerikaanse sanger se lawyers is bang van die jurielede kan anti-LGBTQI wees en dit kan dan teen hom tel.

Daar is ook vrese dat Chicago se jurielede Kelly skuldig kan bevind oor bewerings en nie feite nie.

Sy lawyers sê daar’s te min tyd om teen die nuwe aantygings voor te berei.

Die aanklaers het op Vrydag 23 Julie gesê hulle gaan die nuwe bewyse voorlê teen Kelly (sy regte naam is Robert Sylvester Kelly), wat na bewering ’n 17-jarige seun in 2006 ge­groom en gemolesteer het.

Misbruik

Die sanger van “I Believe I Can Fly” word ook daarvan aangekla dat hy minderjarige meisies by sy konserte gewerf en dan met hulle seks gehad het.

Hy ontken dat hy ooit enige jong meisies misbruik het.

Die hofsaak begin binnekort. – Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters