Verlede maand
QVDB maak verskil
filantroop: Quinton van der Burgh het die boek 100 Making a Difference uitgegee.foto verskaf  ~ 

QUINTON van der Burgh, die entrepreneur en baasbrein agter die QVDB-stigting en dié se bekende #PayMyBills-veldtog, hou deesdae ook sy lyf uitgewer.

Van der Burgh, een van die jongste miljardêrs, het aan boord gekom vir die celeb-fotograaf John Russo se nuwe koffietafelboek, 100 Making a Difference.

Van der Burgh het hom al bewys in velde soos bemarking, sakeontwikkeling in die telekommunikasie­bedryf, in- en uitvoere, die motorbedryf, eiendomsontwikkeling, handel en die mynbedryf.

“Baie mense wêreldwyd leef onder haglike omstandighede,” sê Quinton. “Ek hoop 100 Making a Difference sal mense herinner om altyd ander mense te help. Dít moet bo enigiets anders in ons gedagtes wees.

Skenk

“Die boek vier nie net die mensdom nie, dit neem ook deel daaraan deur geld te skenk aan al die organisasies wat in hierdie werksaamhede genoem word.

“Die ongelooflike mense wat betrokke is, het ’n Covid-hulpfonds gestig wat talle mense wêreldwyd sal help.”

Die boek feature bekende filantrope soos Christy Turlington, Dwayne “The Rock” Johnson, Sugar Ray Leonard, Oprah, Pharrel, Usher, Elton John, Eva Longoria, Serena Williams, Maria Sharapova, Tommy Hilfiger, Gwyneth Paltrow, Quinton en die Amerikaanse aktrise en musikant Eve en haar man, Maximillion Cooper.

100 Making a Difference is op 100makingadifference.com te koop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters