2 maande gelede
Prinses vlieg terug na huis
Gesond: Prinses Charlene van Monaco het Sondagaand terug huis toe gevlieg.  ~ foto verskaf

PRINSES Charlene van Monaco is heeltemal gesond en het Sondagaand huis toe gevlieg nadat sy langer in Suid-Afrika moes aanbly weens haar gesondheid.

Die prinses wat in Zimbabwe gebore is en in Suid-Afrika grootgeword het, het vroeër vanjaar in Mzansi geland om bewusmaking rondom verskeie maatskaplike kwessies te doen. Sy het siek geword en moes toe aanbly.

Sy is in September na die hospitaal gehaas nadat sy inmekaargesak het weens komplikasies van die ernstige oor-, neus- en keelkwaal wat sy in Mei opgedoen het.

Gewoeker

Sy is toe aangeraai om weens mediese redes nie te vlieg nie, maar sy het nie op haar louere gerus nie.

Sy het daai ekstra tyd gebruik om ’n groter verskil hier te maak. Sy het gewoeker met haar projekte soos #chasingzero, #educate2gether, en #feed2gether.

Die voormalige Olimpiese swemmer het daarna uitgesien om met haar familie – haar man, prins Albert, en sesjarige tweeling, Jacques en Gabrielle –herenig te word.

“Suid-Afrika was en sal altyd in my hart wees. Elke keer as ek dié pragtige land besoek, word ek gevul met soveel vreugde en trots, sê sy.

“Ek wil almal bedank wat so gasvry en ondersteunend was.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters