3 maande gelede
KYK: Prins-rol ’n vet jol
TUIS: Cheswyn Ruiters is gemaklik op die verhoog en sal dit beslis oorweeg om nog teaterproduksies te doen.  ~ Jonathan Lestrade

VAN die stil strate van Worces­ter tot die groot verhoog as prins Siya in die pantomime Cinderella & FrikaDella.

Van die boonste trappie op die verhoog vertel Cheswyn Ruiters hy het nooit gedink hy sal teaterwerk doen nie.

“Dit is iets anders. Daar is lyne wat jy moet onthou en emosies wat jy op die regte tyd moet wys.

“Ek het gewoond geraak aan ek kom net op die stage en sing, maar hierdie keer is dit iets anders en iets waarvan ek elke oomblik geniet.”

Die wenner van die eerste seisoen van Maak My Famous sê een van die grootste veranderinge wat hy vir die produksie moes maak, was om uit sy dop te kruip.

“Ek hou gewoonlik terug en is die skaam een.

“My karakter, prins Siya, is ’n confident persoon. Ek moes vir myself sê: ‘Jy is nie meer skaam Cheswyn nie,’ en in die persoonlikheid van die karakter stap.”

Met al die gesing, gelag en toneelspeel op die verhoog het teatergogga hom gebyt en dit is dalk nie Cheswyn se laaste produksie dié nie.

“Musicals, teaterproduksies, is beslis iets wat ek in die toekoms sal oorweeg en waaraan ek wil werk,” sê Cheswyn.

Hy bieg as kind het hy alles oor Cinderella gekyk.

“Wat Cinderella & FrikaDella anders maak, is die Kaapse twist. Finally is daar iets waarmee ons kan relate. Dit is ons mense op die planke en die teks word in ons alledaagse taal oorgedra.

“Wie weet? Dalk sien iemand die play en besluit om ’n movie van die Kaapse-twist-weergawe te maak.”

Uittreksels

As daar enige kleintyd-gunsteling benewens prins Siya in Cinderella & FrikaDella is wat hy kan vertolk, sal dit Clark Kent wees.

FAIRYTALE: Prins Siya saam met Cinderella en die Fairy Godmother. Foto: LightLounge

Cheswyn verduidelik: “Ek moet sê Superman, want hy red mense en verander situasies.”

In die play is uittreksels van talle favourite liedjies met lirieke wat aangepas is en die gehoor sal laat lag.

Cheswyn sê as sanger love hy dit. “Ek kan myself wees, Cheswyn én prins Siya. Ek dink dít is wat die produksie so great maak en een van die suksesse daaragter is.”

Hy raai mense aan om dit te gaan kyk.

“Kykie hoorie, jy gaan jou stukkend lag. Om uit jou maag te lag is ’n lekker manier om dié moeilike jaar af te sluit.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters